En In Ander Nuus | Episode 3
Spanbou-oefeninge maak dalk nie in almal se ideale naweek ’n verskyning nie, maar die Nuwe Kampusweekblad se nuusredakteur is vasbeslote om hegter bande met die res van die groep te smee.
Gaan Grethe die redaksie-uitstappie oorleef sonder om weer ’n kwaai brief te skryf? Waarheen neem Melissa die res van die span nou éíntlik? Is dit donderweer wat hulle in die verte hoor ...? Gaan Thomas en Jessica mekaar uitmoor voor enigiets opgelos word? En sê nou maar Amanda neem nie die weervoorspelling ernstig op nie?
Luister nou na die laaste aflewering van En In Ander Nuus. Sewe Dinge Wat Jy Van Groep-Uitstappies Móét Weet! is by underknees.com beskikbaar.
En In Ander Nuus | Lusmaker #3
Luister hierdie week na die derde (en laaste) aflewering van En In Ander Nuus. Gaan Grethe die redaksie-uitstappie oorleef sonder om weer ’n kwaai brief te skryf? Waarheen neem Melissa die res van die span nou éíntlik? Is dit donderweer wat hulle in die verte hoor ...? Gaan Thomas en Jessica mekaar uitmoor voor enigiets opgelos word? Sewe Dinge Wat Jy Van Groep-Uitstappies Móét Weet! is vanaf Donderdag beskikbaar by underknees.com.
En In Ander Nuus | Episode 2
Vergeet Instandhouding regtig nou al maande lank die Nuwe Kampusweekblad se stukkende balkondeur? Of het die redaksie ’n vyand waarvan hulle glad nie bewus was nie? Kan ’n studentekoerant die universiteit aanvat en daarmee wegkom? In hierdie week se episode probeer Melissa uitvind wat presies Studentesake wegsteek. Daarby ly Grethe heel moontlik aan ’n voedingstekort wat dalk nie deur Jessica se bakkie vrugte opgelos gaan word nie en moet Thomas ligloop vir die hongerige Amanda. Luister nou by underknees.com na ’n Vurige Begeerte, die tweede aflewering van En In Ander Nuus.
En In Ander Nuus | Lusmaker #2
Luister hierdie week na die tweede episode van En In Ander Nuus: ’n Vurige Begeerte om te hoor waar Grethe se ongewone eetgewoontes vandaan kom en waarom die arme Thomas nie van Melissa se onortodokse onderhoudstyl hou nie. Vanaf Donderdag beskikbaar by underknees.com.
En In Ander Nuus | Episode 1
Hoe gemaak as die koerant se voorblad knap voor saktyd steeds nie 'n storie het nie en daar absoluut niks op die kampus aangaan nie? Grethe en Thomas wonder of dit eties sou wees om ’n ietsie kleins aan die brand te steek, maar Melissa het ’n skinderstorie gehoor wat die Nuwe Kampusweekblad se nuusdroogte kan oplos ... ás Jessica se swembad en, natuurlik, die bedreigde paddas nie alles in die wiele ry nie.
Die Geel Huis | Episode 1
Welkom by die Seaside Villa and Restaurant, oftewel Die Geel Huis. Die trap is dalk ’n bietjie wankelrig en die see-uitsig is miskien onder verdenking, maar die personeel doen hul bes om die gaste gelukkig te hou — solank niemand oor die kos kla nie.
Die spelers is Jeremeo le Cordeur, Simoné Benjamin en Charles Tertiens. Cassi Lowers het die tegniese en akoestiese versorging behartig, en die teks en regie is deur Maria Vos. Die projek is moontlik gemaak deur befondsing van die Presidential Employment Stimulus Programme wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsteraad toegeken is.
Musiek deur audionautix.com; omslag-ontwerp deur James Kearns.